top of page

Welkom by Doxa Deo Kleuterakademie

Kom stap saam op hierdie reis van geloof en avontuur!

OPEDAG 2024 | OPEN DAY 2024

Christen-gesentreerde onderwys | Integrale ontwikkeling deur Jesus se voorbeeld |
Passievolle onderwyseresse | Liefdevolle en veilige omgewing | Kwaliteit onderrig | Leerlus-gedrewe metode | Doelgerigte mentorskap |
 Stimulerende leerklimaat.

Maandae tot Vrydae
07:00 - 14:00
Naskool
14:00 - 17:00


Jesus Christus as ons leidende Lig

wie is ons

Ons strewe by Doxa Deo Kleuterakademie om ‘n liefdevolle omgewing te skep waar daar na kinders se sorg en opvoeding vanaf ‘n jong ouderdom omgesien word. 

wat bied ons

Met die nodige struktuur, roetine en liefde, bied Doxa Deo Kleuterakademie graag sekuriteit aan u kind wat essensieël vir u kind se emosionele en kognitiewe ontwikkeling is.

navorsing

Navorsing het bewys dat jy ‘n kind van geboorte af kan voorberei en toerus met vaardighede om skoolgereed te wees teen die ouderdom van 6 jaar.  Die geheim om dit suksesvol te doen, is om aktiwiteite so aan te pak en te integreer in hul daaglikse ‘speel’ dat hulle glad nie agterkom hul ‘leer’ nie. 

Gelukkige kinders

Gelukkige kinders is soveel meer ontvanklik om te leer en te groei op fisiese, emosionele en kognitiewe vlak.  Elke kind is kosbaar vir ons net soos hy/sy is.

PHOTO-2024-01-11-20-05-14_edited.png

Raising

City Changers

Welkom tuis

Ons naam, Doxa Deo, beteken die Heerlikheid van God. In die kern van hierdie bediening is die begeerte om God se transformerende teenwoordigheid in elke stad waar ons invloed het, te sien. Ons glo dat elke gelowige in Jesus 'n ambassadeur is vir Sy sending, geroep om Geloof, Liefde en Hoop na ons stede te bring. Geloof wat daardie wat geestelik verlore is, bereik. Liefde wat die sosiale pyn van ons mense genees. En Hoop wat herstel bring aan die sistemiese gebrokenheid in ons samelewing.

bottom of page